Ysland se vulkaan bars uit

’n Vulkaan het laat Maandag in die suidweste van Ysland uitgebars en lawa en rook oor ’n wye gebied uitgespoeg ná weke se intense aardbewing aktiwiteit. Uit vrees vir ‘n aansienlike uitbarsting op die Reykjanes-skiereiland, het owerhede verlede maand byna 4 000 inwoners van die vissersdorpie Grindavik ontruim en die nabygeleë Blue Lagoon geotermiese spa gesluit. Die uitbarsting het slegs ‘n paar kilometer van die dorp begin.