Irak hou eerste verkiesings in dekade

Irakese stem vandag in die eerste provinsiale raadsverkiesing in ʼn dekade. Dit sal na verwagting die invloedryke pro-Iranse Sjiïtiese groepe versterk. Die verkiesing kom te midde van wydverspreide ontnugtering onder die land se 43 miljoen inwoners met endemiese korrupsie wat die olieryke nasie wegkalwe. Stemme word in 15 Irakse provinsies uitgebring, maar nie in die drie wat Koerdies is en onder ʼn aparte outonome stelsel bedryf word nie. Die verkiesing word beskou as ʼn belangrike toets vir eerste minister Mohammed Shia al-Sudani se regering.