IPPR stel Nasionale Teenkorrupsie-netwerk bekend

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het vanoggend die Nasionale Teenkorrupsie-netwerk in die hoofstad bekend gestel. Dit is ‘n netwerk wat bestaan uit burgerlike samewerkingsorganisasies, die privaat sektor, media, tradisionele owerhede, geloofsorganisasies en nie-regeringsorganisasies. Die program sal oor drie jaar deur die Amerikaanse ambassade in Namibië finansieel ondersteun word. Die projek sal ook ‘n aanlyn-fluitjieblaser-portaal in Mei vestig.