IPPR ondersoek omvang van Fishrot-skade

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gaan ‘n vergadering in Walvisbaai hou om te bespreek hoe die Fishrot-korrupsieskandaal die menseregte van die plaaslike gemeenskap beïnvloed het. Dit is deel van ‘n breër studie om die skade wat deur Fishrot veroorsaak is te bepaal, asook die behoefte aan vergoeding en bate-verhaling. Kosmos 94.1 Nuus het met Graham Hopwood, die direkteur van die IPPR, gepraat wat meer deel.