Hamas-gyselaars sal eers môre uitgeruil word

ʼn Senior Israeli-amptenaar sê die beplande uitruiling van sowat 150 Palestyne in Israelse tronke vir 50 gyselaars in Gaza is tot môre op die vroegste uitgestel. Daar is teenstrydige berigte oor wat die oponthoud veroorsaak het. Sommige beweer Hamas het nie die skietstilstand bekragtig nie en ander sê Hamas het nie aan Israel ʼn lys name gegee van die gyselaars wat vrygelaat gaan word nie. Die Israelse regering se woordvoerder, Eylon Levy, het aan MSNBC gesê die oorlog moet eindig met die totale vernietiging van Hamas: