IPPR en Transparancy International Ysland verwelkom hoë vlak besoek in Ysland

Transparency International Ysland en die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing in Namibië verwelkom die besoek van ‘n span Namibiese ondersoekers en aanklaers aan Ysland om samewerking rakende vervolgings in die Fishrot-korrupsieskandaal te bespreek. Die instituut is ook bemoedig deur die gelyktydige besoek van ‘n afvaardiging onder leiding van Netumbo Nandi-Ndaitwah, die Namibiese adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge, aan Ysland. Hulle hoop dat die hoë vlak besoek gebruik kan word as ‘n geleentheid vir die twee regerings om samewerking te bevorder om korrupsie in beide lande te takel en veral die behoefte om aanspreeklikheid in die Fishrot-saak te soek. Die direkteur van die instituut, Graham Hopwood, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.