IPC vier eerste verjaardag

Die Independent Patriots for Change se partypresident, dr. Panduleni Itula, het tydens hul eerste herdenking gesê die party het baie in ‘n kort tyd bereik, maar daar is nog steeds baie wat gedoen moet word. Hy sê van die hoogtepunte is die 37 kandidate wat setels in 57 rade tydens die 2020 streeks- en plaaslike verkiesing regoor die land gewen het. Itula sê sommige partylede is streeksraadslede en deel van die Nasionale Raad.