IPC verwyder Mariental-raadslid met dwelmklag uit raad

Die Independent Patriots for Change het hul Mariental-raadslid Shekutamba Michael Jonas, wat op ‘n dwelmklag tereg staan, uit die raad verwyder. Volgens berigte, is dwelms ter waarde van 231 000 Namibiese dollar by ‘n drankwinkel op die dorp gevind. Jonas is die tweede IPC raadslid wat in minder as ‘n jaar gearresteer is. Verlede jaar is Simeon Martin, van Kalkrand se dorpsraad, in hegtenis geneem vir  veediefstal. Hy is onmiddellik uit partystrukture verwyder. Paulus Nghiwi-lepo, uitvoerende hoof van die Mariental-munisipaliteit, het die ontvangs van die brief bevestig oor die verwydering van Jonas as lid van die raad vandag. Imms Nashinge, die IPC-woordvoerder, praat met Kosmos 94.1 Nuus.