IPC skors sy Whk-raadslid

Die Independent Patriots for Change het sy partylid, Desiree Davids, wat as raadslid vir Windhoek dien, geskors. Dit volg na berigte in ‘n plaaslike koerant daar haar aansoek om grond voordeel getrek het en vinniger verwerk is. Die party het in ‘n verklaring gesê dat ‘n komitee saamgestel is om ondersoek na die aantygings in te stel. Berigte lui dat Stad Windhoek se eiendomsdepartement aanbeveel het dat sy ‘n erf ter waarde van 377 000 dollar kan aanskaf, na sy in Mei aansoek gedoen het en gesê het betaling vir erf kan van haar salaris as raadslid afgetrek word. Daar word beweer dat sy voorgetrek is as gevolg van haar posisie by die munisipaliteit.