IPC sê staatsamptenare se eise is billik

Imms Nashinge, woordvoerder van die Independent Patriots for Change, het die standpunt van die party oor die eise wat deur die staatsamptenare gestel word, weergegee. Die party meen hierdie eise is billik, redelik en regverdigbaar. Die party het gesê, hoewel hulle die finansiële verknorsing waarin die regering verkeer verstaan, weet hulle ook dat daar baie verkwistende uitgawes in die regering en korrupsie is wat met ywer en streng strafmaatreëls aangespreek moet word om hulpbronne vry te maak om salarisverhogings vir die staatsamptenare te gee. Nashinge gesels met Kosmos 94.1 Nuus.