IPC-man steel glo bokke

Die Independent Patriot For Change se adjunkvoorsitter van die Kalkrand-nedersettingsraad, Simeon Martin, is in verband met veediefstal in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie se hoofwoordvoerder, adjunk kommissaris Kauna Shikwambi, is Martin met gesteelde bokke in sy besit gevind. Sy sê daar is twee verdagtes in die saak wat Woensdag in die Mariental-landdroshof sal verskyn.