IPC gee reaksie oor litium-verwerkingsfabriek

Die IPC-party het sy reaksie gegee op die Namibiese regering wat geen planne het om ‘n plaaslike litium-verwerkingsfabriek te vestig nie. Volgens die mynkommissaris Isabella Chirchir, is daar geen geld nie, maar dit weerspreek die minister van myne en energie Tom Alweendo, se aankondiging in Februarie dat Namibië op plaaslike verwerking van litium sal aandring. Volgens Chirchir moet buitelandse beleggers so ‘n aanleg vestig. Litium is die afgelope tyd in die nuus met uitvoere deur die Chinese Xinfeng naby Uis wat meer as 75 000 ton bereik het, blykbaar vir toetse maar, hy het sy eie aanleg in China wat litium benut. Die Duitse kanselier Olaf Scholz het ook onlangs gesê Duitsland wil Namibië bystaan om so ‘n aanleg op te rig maar Chirchir het aan Eagle FM gesê sy dra geen kennis daarvan nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die IPC-party Imms Nashinge gepraat…