IPC: daar’s niks fout nie en Itula werk steeds hard

Daar blyk om probleme te wees in die Onafhanklike Patriotte vir Verandering-party van Panduleni Itula met gereelde bedankings en aantygings dat Itula outokraties is. Itula is ook op die oomblik stil maar, volgens die Nasionale Voorsitter van die IPC Brian Black, is Itula eintlik hard aan die werk. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.