Inwoners van Rehoboth kan Woensdag bloed skenk

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens gaan Woensdag op Rehoboth ‘n bloedskenkingskliniek by die Hermanus van Wyk-saal hou. Inwoners van Rehoboth kan vanaf die oggend elf-uur tot die aand ses-uur bloed skenk. Titus Shivute, woordvoerder van Bloedoortappingsdiens deel die kriteria om bloed te skenk aan Kosmos 94.1 Nuus.

Shivute verduidelik ook hoe lank mense moet wag om bloed te skenk nadat hulle ‘n Covid-inenting ontvang of van Covid herstel het.