Inwoners van Mississippi aangesê om met toe monde te stort

Bykans 200 000 mense in Jackson, Mississippi, het geen veilige drinkwater nie nadat vloedwaters ‘n waterbehandelingsentrum beskadig het. Die hele stad moet sedert 29 Julie kraanwater vir minstens ‘n minuut kook. Inwoners is nou ook aangesê om nie hulle stortwater in te sluk nie. Oormatige reënval verlede naweek het die skade veroorsaak en het daartoe gelei dat sommige krane heeltemal opgedroog het. Inwoners van Jackson het in 2021 vir 225 dae lank ‘n soortgelyke opdrag beleef.