Inwoners van Agste Laan moet ontruim ná vloede

Inwoners van die Agtste Laan informele nedersetting in Windhoek wat naby ‘n rivierbedding woon, is gevra om die gebied te verlaat ná swaar reën vloede veroorsaak het. Video’s op sosiale media toon hoe die stygende water dreig om blyplekke mee te voer. ‘n Minibus in die omgewing is ook meegesleur, maar niemand is beseer nie. Die hoof van Stad Windhoek se nooddienste, Raymond Kapia, het ‘n dringende beroep op inwoners gedoen om uit die gebied pad te gee. Lydia Amutenya, Stad Windhoek se kommunikasiebeampte, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle tree voorkomend op.

Amutenya pleit ook by die inwoners om saam te werk met die amptenare van die stad terwyl hulle probeer om die probleem op te los.