Invoer-inspeksiesentrum op Walvisbaai brei uit

Die nuwe Namibiese Standaarde Invoer-inspeksiesentrum op Walvisbaai is teen ‘n koste van 36 miljoen Namibiese dollar uitgebrei. Die inspeksie-sentrum het sy bedrywighede en inspeksie-laboratorium uitgebrei om dienste aan die vissery- en verwante nywerhede te verbeter. Dit maak voorsiening vir inspeksies op bevrore en verkoelde vis, asook op blikkiesvis. Inspeksie vir veral ingemaakte vis en vleis, en verwante produkte kan nou gerealiseer word wat geweldig bydra tot voedselsekerheid vir die Namibiese verbruiker, sê die minister van handel, Lucia Iipumbu.