Interne landbou-handel in Afrika onder die loep  

Die Afrika-vasteland vryhandelsgebied ondersoek tans bestaande geleenthede oor die hele vasteland vir waardekettings in katoen, vleis, koffie en graanprodukte. Die sekretaris-generaal, Wamkele Mene, sê die oorsig is om lidlande te help om die volle potensiaal van die produkte se bydrae tot interne handel in Afrika te verstaan. Die getal mense in Afrika wat tot ‘n mate of op ernstige vlak voedsel-onsekerheid beleef, het van 512 miljoen in 2014 tot 794,7 miljoen in 2021 toegeneem.