AfriForum daag Menseregte-kommissie in hof uit

AfriForum het hofstukke ingedien om tot ‘n vriend van die hof aanvaar te word in ‘n saak wat moet bepaal of die bevindings van die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie bindend is. Die burgerregte-organisasie voer aan dat nie die Grondwet of wetgewing aan die kommissie bindende magte verleen soos in die geval van soortgelyke instellings in die buiteland nie. Ernst van Zyl van AfriForum sê as vriend van die hof wil hulle relevante oorwegings en internasionale norme voorlê sodat die hof ‘n regverdige en grondwetlike besluit kan neem.