Internasionale Strafhof ontplooi 42 ondersoekers na Oekraïne

Die Internasionale Strafhof het ‘n span van 42 ondersoekers, forensiese kundiges en ondersteuningspersoneel na doe Oekraïne ontplooi om oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom te ondersoek. ‘n Aanklaer, Karim Khan, sê dit verteenwoordig die grootste enkele veld-ontplooiing ooit sedert sy stigting. Rusland het Oekraïne in Februarie binnegeval en is beskuldig van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom.