Internasionale spanning: Sal Pelosi vandag Taiwan besoek of nie?

Dit is nie bekend of die Amerikaanse speaker Nancy Pelosi wel vandag Taiwan sal besoek of nie. Amerikaanse media berig dat beide Amerikaanse amptenare sowel as Taiwannese amptenare dit wel bevestig het, maar niemand is direk aangehaal nie en, die land was nie op haar amptelike skedule van haar Asiatiese toer nie. Presidente Joe Biden en Xi Jinping van China verskil in hul standpunt teenoor Taiwan. China ag dit as deel van sy territorium terwyl die VSA die land as vry en onafhanklik ag. Die woordvoerder van die Amerikaanse nasionale sekuriteitsraad, John Kirby sê die VSA sal nie intimideer word nie.