Internasionale koalisie moet navorsing doen vir entstof vir nuwe siektes

Brittanje sal in 2022 ‘n beraad hou om fondse in te samel vir navorsing vir die ontwekkeling van entstowwe. Die Britse regering sê ‘n internasionale koalisie moet die navorsing en ontwikkeling van entstowwe vir toekomstige siektes dryf. Die Eerste Minister Boris Johnson het vroeër ook aangekondig dat navorsing in Brittanje moet begin om medikasie teen Covid te ontwikkel voor die winter aanbreek.