Internasionale Doeanedag op Walvisbaai herdenk

Die Namibië inkomste agentskap, NamRA, herdenk vandag Internasionale Doeanedag in Walvisbaai en fokus op die rol wat internasionale doeane-beamptes speel. Die dag is om hulde te bring aan die mans en vroue by die toegangspunte tot die land, wat beheer watter items en goedere die land binnekom en verlaat. Kosmos 94.1 Nuus het met Steven Ndorokaze, NamRA se hoof van strategiese kommunikasie en ondersteuningsopdragte, gepraat wat meer oor die dag verduidelik.