Tshwane maak plan met gekaapte geboue

Die Stad Tshwane se raad het die program vir volhoubare en beter geboue goedgekeur. Die doel is om die middestad nuwe lewe te gee deur aandag te gee aan verwaarloosde en onwettig besette geboue. Die stad sê nalatige eienaars, krotbuurt-base en sindikate wat geboue kaap, buit mense uit wat desperaat is vir bekostigbare en goed geleë behuising. Kingsley Wakelin sê die stad sal ʼn proaktiewe benadering volg om verwaarloosde geboue te takel deur die gedwonge verkoop van die eiendom deur howe of onteiening.