Internasionaal ontvang kinders nie genoeg beskerming nie

Volgens ‘n nuwe verslag van die Internasionale Arbeidsorganisasie en die Verenigde Nasies se Kinderfonds, UNICEF, is te min vordering gemaak om te verseker dat alle kinders maatskaplike beskerming geniet, sê die studie. Wêreldwyd ontvang 73,6 persent, of sowat 1,5 miljard kinders, tussen die ouderdomme van 0-14, geen gesins- of kindertoelae nie. Die kinder-advokaat Ingrid Husselmann stem saam met verslag.