Interessante prestasies by Eskom Ekspo

Rebecca Leisegang van Parktown Hoër Meisieskool in Johannesburg het die juniorprys by die jaarlikse Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes se Internasionale Wetenskap-skou gewen. Leisegang het die uitwerking van tuinligte op swerms heuningbye bestudeer. Sachin Mohan van Horizon, nog ‘n hoërskool in Johannesburg, het die seniorprys gewen. Hy het bewys hoe die digitalisering van ‘n tradisionele stetoskoop die akkuraatheid van diagnoses sal verhoog. Vanjaar se Wetenskap-skou is weens die Covid-19 pandemie aanlyn gehou.