Instituut oor Sekerheidstudies gee risiko-ontleding oor EFF-stilstand

Die Instituut vir Sekerheid-studies in die buurland sê die samelewing moet die wil hê om die oppergesag van die reg te volg om môre geweld en plundering te vermy. Dit kom teen die agtergrond van die EFF se beplande nasionale protesaksie. Godfrey Mulaudzi van die instituut sê die betoging toon tekens van veiligheids-bedreigings, maar die polisie sal hul teenwoordigheid tydens die protesaksie verhoog. Mulaudzi sê beamptes is meer paraat vergeleke met die Julie 2021-onrus, wat hoofsaaklik KwaZulu-Natal en Gauteng getref het.