Instagram in die spervuur

CNN berig dat sekere algoritmes op Instagram rekenings met name soos “I have to be thin,” “Eternally starved,” “I want to be perfect” voorgestel het aan ‘n 13-jarige gebruiker wat belangstelling in diëte en gewigsverlies op die platform getoon het. Die Amerikaanse mediahuis berig dat hy ‘n toets uitgevoer het en self ‘n rekening geskep het wat ook aan ‘n 13-jargie meisie behoort het. Instagram het aan die rekening, die rekenings “Sweet Skinny,” “Prettily Skinny,” en “Wanna Be Skinny” voorgestel. Die fluitjieblaser Frances Haugen, van Facebook, wat ook Instagram besit, het die maatskappy se rekords en navorsing aan die New York Times beskikbaar gestel. Dit bewys, volgens berigte, dat platforms soos Instagram pro-eetversteuring algoritmes volg. Haugen sê die maatskappy het ‘n toets gedoen en sal minder aktiwiteit toon sou hy die algoritmes aanpas. Haugen sal die week voor die Senaat getuig. Dit is nie die eerste keer wat Instagram gekoppel word aan emosionele versteurings in jong meisies nie en Noorweë het onlangs die gebruik van enige filters op foto’s op die platform sonder dat dit aangekondig word, verban.