Inperkings en inentings te laat om derde vlaag in SA af te weer – kenner

Suid-Afrikaners sal die derde vlaag van Covid-infeksies moet deursien want die jongste, strenger inperkingsregulasies is nie genoeg nie en het te laat gekom om die huidige stortvloed van gevalle te stuit. Dit is die mening van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging. ‘n Rekordgetal van meer as 26 000 nuwe infeksies op een dag is Saterdag aangemeld. Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het die Delta-variant die land hard getref en oorheers dit steeds in Gauteng. Die vereniging se voorsitter, dr. Angelique Coetzee sê die land se inentingsveldtog het nog nie genoeg momentum bereik om die nuwe vlaag te kan afweer nie: