Inkumbi neem GIPF se leisels oor

Die voormalige uitvoerende hoof van die Ontwikkelingsbank van Namibië, Martin Inkumbi, is aangestel as die nuwe hoof uitvoerende beampte van die Staatsinstellings Pensioenfonds vir ‘n termyn van vyf jaar. Hy begin amptelik op 15 Januarie en vervang David Nuyoma, wat onlangs as die hoof van die Capricorn-groep aangestel is. Die fonds verskaf gewaarborgde pensioen en verwante voordele aan amper 99 000 staatsamptenare en werknemers van deelnemende werkgewers in die land.