Inkomste-agentskap wil vrag vinniger laat beweeg

Die Namibiese Inkomste-agentskap het die verslag oor die Tydvrystellingstudie bekendgestel wat op die hawe van Walvisbaai toegespits was. Hierdie studie het die gemiddelde tyd bestudeer wat nodig is om vrag by grensposte vry te stel. Terselfdertyd berei die agentskap voor om ‘n soortgelyke studie by die Trans-Kalahari Grenspos uit te voer met data-insameling en -opname wat van 15 tot 25 Januarie sal plaasvind. Die woordvoerder van die agentskap, Steven Ndorokaze, beklemtoon die primêre doelwit is om enige faktore wat vertragings in die vrystelling van vrag veroorsaak, te identifiseer en reg te stel.