Amerika wil Indiese burger uitgelewer hê

Die Periodieke Hof in Umhlali, KwaZulu-Natal, het borgtog geweier aan ‘n 40-jarige burger van Indië, Rahul Jaiswal, op wie se spoor Amerika is weens bewerings van sameswering, dwelmverspreiding, geldwassery en die invoer van beheerde middels. Jaiswal is getroud met ‘n Suid-Afrikaanse burger en is in Ballito in hegtenis geneem. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson-Kara, sê Suid-Afrika het ‘n versoek om uitlewering van die Amerikaanse regering ontvang, wat onder meer beweer Jaiswal staan aan die hoof van ‘n georganiseerde misdaadgroep.