Inklusiewe groeiplan vir Kaapstad van stapel gestuur

Die Stad Kaapstad sê die pasontwikkelde inklusiewe ekonomiese groeistrategie sal die basis vorm waarop die stad se ekonomiese geleenthede en groeistelsels verder ontwikkel word. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê daar is geen vinnige oplossing vir die ingewikkelde kwessies wat enige land of stad in die gesig staar nie. Hy sê die strategie hou Kaapstad se besondere maatskaplik-ekonomiese landskap in gedagte, asook die wêrelddorpie waarin dit bestaan: