Inheemse tale ingestel vir leerlinglisensie toetse

Plaaslike tale sal nou aangebied word as ‘n opsie vir skriftelike leerlinglisensie toetse, aan aansoekers wat nie vertroud is met Engels nie. Die Namibiese Paaie Owerheid het bekendgemaak dat skriftelike leerlinglisensie toetse in verskillende plaaslike tale by alle NaTIS kantore landwyd, van vandag af van krag sal wees. Engels bly steeds die primêre medium vir die toetse by alle NaTIS -kantore. Die taalopsies is onder andere Afrikaans, Nama/Damara, Otjiherero, Oshiwambo, Rukwangali en Silozi. Ander tale sal in die toekoms bygevoeg word.