Inheemse speletjies vandag uitgestel

Die Goethe Instituut en die GIZ bied vandag ‘n uitstalling oor Namibiese inheemse speletjies by die Goethe Instituut se sentrum in die hoofstad aan. Die inheemse speletjies is ontspanningsaktiwiteite wat uit ‘n bepaalde kulturele groep, gemeenskap of mense ontstaan het. Hierdie speletjies verskil van jou hoofstroom-sport wat deur internasionale federasies gereguleer word, en het vaste reëls. Inheemse jagters en vissers het op vaardighede staatgemaak om hul gemeenskappe te voed en hierdie vaardighede is op ‘n vroeë ouderdom deur speletjies aangeleer en in stand gehou. ‘n Konsultant by GIZ, Thuba Sibanda, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die uitstalling.

Sibanda sê as deel van die uitstalling, sal daar ook Sondag ‘n fees wees.