Informele sektor betrek by Buy Local, Grow Namibia

Die Namibiese handelsministerie deur die Namibiese Handelsforum het onlangs die tweede fase van die ‘Buy Local, Grow Namibia’-veldtog van stapel gestuur, met die doel om die rol wat die informele sektor in die Namibiese ekonomie speel, te vergroot. Die Handelsforum sal vandag ‘n geleentheid vir die informele sektor en koop plaaslik-inisiatiewe aanbied. Die geleentheid met handelsminister Lucia Iipumbu as hoofspreker, begin vanoggend om nege-uur by die Soweto-mark in Windhoek. Elijah Mukubonda, hoof-skakelbeampte van die ministerie, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.