Inflasie sal oor volgende 12 maande bly – IMF

Die Internasionale Monetêre Fonds waarsku die wêreldwye ekonomiese vooruitsigte het aansienlik verdonker, aangesien die wêreld ʼn verhoogde risiko van resessie oor die volgende 12 maande in die gesig staar. Die besturende direkteur van die IMF, Kristalina Georgieva, sê dit is die gevolg van Rusland se oorlog in Oekraïne en die versnelde inflasie. Volgens haar kan ʼn verdere ontwrigting van die voorsiening van natuurlike gas aan Europa baie ekonomieë in ʼn resessie dompel en ʼn wêreldwye energiekrisis tot gevolg hê. Georgieva sê rentekoersverhogings om inflasie te bekamp, is een van drie sleutelbeleidsrigtings om die bedreiging van die wêreldekonomie te beveg.