Inflasie in Angola styg vir tweede maand

Terwyl inflasie plaaslik in Junie gedaal het na 5,3 persent, af van 6,3 persent in Mei, het inflasie in Angola vir die tweede opeenvolgende maand gestyg. Volgens Cirrus in die hoofstad is 11,25 persent in Junie aangeteken, op van 10,62 persent in Mei. Nes plaaslik, was voedsel en nie-alkoholiese drankies die grootste bydraers tot die syfer. Die swak vertoning van die kwanza teenoor die Amerikaanse dollar het ook bygedra tot die stygende pryse.