Inentingsveldtog is nodig in Gauteng

Daar is kommer oor die trae inentingskoers in Gauteng in die buurland. Nog net 8,54 persent van die provinsie se volwassenes is ingeënt, wat laer is as die 10,47 persent in Suid-Afrika. Ses provinsies doen beter as Gauteng, met Limpopo wat die beste vaar met 14,79 persent volwassenes wat reeds ten volle ingeënt is. Jack Bloom van die DA sê die stadige pas van inenting in Gauteng is teleurstellend en ‘n daadwerklike bewusmaking van Covid-19-inentings is nodig…