Inentings vorder stadig

Daar is tans net minder as 2 600 inentings in Erongo en Khomas voltooi. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het vanmiddag die jongste Covid-syfers bekend gemaak en daar is 139 nuwe gevalle bevestig. Op die oomblik is daar 1 140 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 45 193. ‘n Totaal van 108 pasiënte is in die hospitaal met 27 in hoësorg. Shangula het 2 sterftes aangemeld wat die totaal tot 559 te staan bring.