Hy was getrou – Koningin Elizabeth

Die merkwaardige lewe van Prins Philip van Brittanje word gedenk terwyl huldeblyke van oral in die wêreld instroom na die dood van Koningin Elizabeth se 99-jarige man. Hy is vanoggend in Windsor-kasteel oorlede. Die Britse Premier, Boris Johnson, het in sy reaksie gesê Prins Philip het die liefde van geslagte in die Statebond en die res van die wêreld verdien. Koningin Elizabeth het haar man se getrouheid geloof toe die egpaar in 1997 hulle goue huweliksherdenking gevier het:

Die egpaar was langer as 70 jaar getroud en Philip was die langsdienende koningins-gemaal in die Britse geskiedenis. Hy het met sy uittrede uit die openbare oog in 2017 gesê die tyd het aangebreek: