Inentings vir kinders onder 12: Ons volg ons eie beleid

Namibiese gesondheidsowerhede het nog nie ‘n beslissing gemaak oor inentings vir kinders onder die ouderdom van 12 van nie. In die buurland is die virtuele verhore oor die bespreking van die goedkeuring van entstof vir Suid-Afrikaanse kinders onder 12 tot 31 Mei uitgestel. Kritici meen dat Namibiese owerhede nog langer sal neem om te besluit oor inentings in vir die ouderdomsgroep maar die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sê sy ministerie volg hul eie inligting.