Inentings raak al hoe meer belangrik, soos Djokovic-drama bewys

Die kwessie van die oningeënte tennisspeler Novak Djokovic bly in die nuus. Maar, dit wil voorkom asof dit die tendens in die wêreld gaan wees: ent of word toegang geweier. Kosmos 94.1 Nuus het die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula gevra vir sy mening in verband met inentings om toegang tot lande, en selfs universiteite, restaurante en meer, wêreldwyd, te bekom.

Intussen het die Australiese premier Scott Morrison gesê dit is die besluit van die minister van binnelandse sake Alex Hawke of Djokovic vir drie jaar toegang tot die land verbied sal word. Dus is dit moontlik dat Djokovic aan volgende jaar se Ope kan deelneem. Hy het kort na drie-uur Namibiese tyd in Dubai aangekom maar het nie die media toegespreek nie.