Inentings neem af, Shangula het kommer

Hoewel aktiewe Covid-syfers plaaslik ‘n merkbare afname toon, word byna die helfte minder mense nou teen die siekte ingeënt as tussen Julie en September. Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, het sy kommer uitgespreek en sê, hoewel daar minder Covid-gevalle is, kan Namibiërs nie nou met inentings ophou nie. Daar was in die derde kwartaal daagliks tussen 3 500 en 4 000 inentings maar dis nou minder as 2 000 per dag. Sowat 23 persent van die bevolking het teen verlede week hul eerste inentings gekry, terwyl 18,6 present ten volle ingeënt is.