Inenting: Dit kom voor of Novak uit opsies is

Die wêreld se top-tennisspeler, Novak Djokovic sal dalk ook nie aan die Franse Ope mag deelneem nie, het Frankryk se departement van sport gesê. Frankryk het pas wetgewing goedgekeur waarvolgens inentingspaspoorte by openbare plekke vereis word. Nuwe wette word ook binnekort deurgevoer wat eis dat enige besoekende professionele atleet ook ingeënt moet wees. Dit is reeds die geval in die VSA, met die Amerikaanse Ope wat vanjaar plaasvind, sowel as Brittanje, waar Wimbledon plaasvind.