Inentings by Lady Pohamba eindig vanmiddag

Die Covid-inentingsentrum by die Lady Pohamba Privaatshospitaal sluit permanent vanmiddag, 10 September om half-vier. Die redes vir die sluiting is nie bekend nie maar, talle van die privaatinstellings wat die regering bystaan met inentings sê daar is uitdagings met voldoende personeel om lede van die publiek by te staan. Die hospitaal was van die eerstes wat inentings in die hoofstad aan gebied het.