Inenting vorm deel van ‘ekonomiese hestel plan’

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab dat die Namibiese ekonomie nie weer ‘n inperking kan bekostig nie en dat inenting eintlik deel is van die ekonomiese herstel van die land. Die voormalige president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid en die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.