Ineenstorting van geslagsgeweld sentrum betreur

Die burgerregte-organisasie #NotInMyName vra vir ‘n ondersoek na die beweerde ineenstorting van die Geslagsgeweld-bevelsentrum in Pretoria. Die sentrum is volgens berigte nie in bedryf nie weens ‘n kontraktuele geskil tussen die maatskaplike ontwikkeling-departement en die diensverskaffer Brilliant Telecommunication. Die hoof van #NotInMyName, Siyabulela Jentile, sê die ineenstorting van die sentrum sal die vordering wat gemaak is in die stryd teen geslagsgeweld en die moord op vroue in Suid-Afrika tot niet maak.