Indongo Toyota waarsku oor slenter

Die Indongo Toyota-span is in kennis gestel van vals boodskappe wat op verskillende sosiale media-platforms sirkuleer en sê jy kan geld wen in ‘n Indongo Toyota SMS-kompetisie. Robin Bronkhorst die Indongo Toyota-groep se bemarkingskoördineerder sê aan Kosmos 94.1 Nuus luisteraars word aangeraai om nie aan sulke kompetisies deel te neem nie, aangesien dit ‘n bedrogspul is en nie van Indongo Toyota afkomstig is nie.