Indonesiese verkiesing vind wel in 2024 plaas

‘n Indonesiese hof het ‘n laer hof se beslissing ter syde gestel wat gelas het dat aantaande jaar se presidents- en algemene verkiesings met twee jaar uitgestel moet word. Die hoër hof het beslis dat die eerste hof nie die jurisdiksie het om so ‘n besluit te neem nie. Dié besluit, dat die verkiesing wel in Februarie aanstaande jaar moet plaasvind, sal die politieke onsekerheid in die wêreld se derde grootste demokrasie verlig. Die Indonesiese verkiesingskommissie het teen die laer hof se besluit geappelleer. Die hof het aanvanklik ten gunste van ‘n klein party beslis wat ontevrede is omdat hy nie toegelaat is om aan die verkiesing deel te neem nie.